Gedurende die wintermaand van 2016 het Jaco de Wet die trotse eienaar van Injabulo Hunting geword.

Volgens Jaco het Injabulo ontstaan as gevolg van die pure genot wat Injabulo sy gesin, familie en vriende besorg het gedurende kuiers! Juis die naam, wat só gepas is – Injabulo beteken  GELUK!

 

 

Een van hul gunsteling dinge om as gesin te doen is kuier om ‘n kampvuur by Injabulo – te lag, ontspan en te deel in die goeie herinneringe sowel as ons drome en visioene vir die toekoms! Injabulo sal altyd ‘n spesiale plekkie in ons famielie se harte hou!  Dit is ‘n plek waar familie en vriende ewige herineringe skep, en ‘n pa kan sy kinders leer oor die wondere van die natuur en die Almagtige Vader!

 

Die span by Injabulo sien uit daarna dat u dieselfde wondere beleef in hul stukkie Afrika Paradys! En hopelik koester u ook binnekort ‘n spesiale plekkie vir Injabulo!